Diesel

Biodiesel wat van sojabone vervaardig is.
Diesel meng nie met water nie.

Diesel is 'n vloeibare brandstof wat spesifiek ontwerp is vir gebruik in 'n dieselenjin, 'n tipe binnebrandenjin waarin brandstofontbranding sonder 'n vonk plaasvind as gevolg van die samepersing van lug en brandstofinspuiting. Dieselbrandstof het daarom goeie kompressie-ontstekingseienskappe nodig.

Die algemeenste soort diesel is 'n distillaatfraksie van ru-olie, maar daar bestaan ook alternatiewe wat nie van ru-olie vervaardig word nie, soos byvoorbeeld biodiesel, diesel uit biomassa of diesel wat vervaardig word deur aardgas na vloeistof om te skakel. Hierdie ander soorte diesel word toenemend gebruik. Met strenger omgewingstandaarde word ultralae swael diesel deesdae ook vervaardig met 'n baie laer swaelinhoud. Met ingang van 2007 is bykans alle diesel in Europa en die V.S.A. diesel met 'n ultralae swaelinhoud.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search